• Druk die warm aartappels effens stukkend met ’n houtlepel in ’n slaaibak.
  • Giet heelwat van die olyfolie oor en geur goed met die seesoutvlokkies en peper.
  • Sprinkel die grasuie en suurlemoensap en -skil oor. Meng en laat dit afkoel.
  • Stapel die roketblare bo-op.

Wenk: Roket is nie altyd beskikbaar in die winkels nie; vervang dit met ysbergblaar­slaai wat net in stukke gebreek is. Selfs basilie sal lekker geur verleen.

Kosstilering: Esther Malan