• Sny die harde stingels van die broccoli- en blomkoolboompies af. Spoel af en dreineer goed.
  • Kap die broccoli- en blomkoolboompies rofweg op en skep in 'n niemetaal-mengbak.
  • Voeg die res van die bestanddele by en meng liggies.
  • Slaaisous: Klits alles saam en giet oor die slaai. Meng deur, bedek die slaai en laat minstens 30 min. in die yskas staan. Hoe langer die slaai staan, hoe lekkerder raak dit.
  • Vir afronding: Sny die appels in wiggies en drup die suurlemoensap oor; dit verhoed dat die appels bruin word. Meng die appels deur die slaai, skep in 'n opdienbak en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.