• Verhit die botter in 'n pan. Voeg die grondbone by en skud die pan sodat die grondbone met die botter bedek is. Voeg die garam masala by en geur liggies met die peper. Dreineer op kombuis­papier en laat eenkant afkoel.
  • Plaas die wortels, komkommer, atjar, sprietuie en appelkose in 'n groot bak. 
  • Klits die lemmetjiesap, olyfolie, sout en peper saam en giet oor die slaai. Voeg die kruie by en meng die slaai tot al die groente met die sous bedek is. Rond af met die masala-grondbone en granaatpitte.
  • Resep deur Dianne Bibby
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.