Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  • Sjokoladebas: Plaas die sjokolade in ’n mikrogolfvaste bak en verhit 30 sek. Roer en verhit weer 30 sek. Roer en verhit nog ’n keer 30 sek. Roer tot die sjokolade heeltemal gesmelt en glad is.
  • Giet die sjokolade op die bakpapier en sprei liggies uit. Strooi die lemoen­skil, neute en sout op die sjokolade. Plaas die sjokolade in die vrieskas en laat stol vir 30 min. Breek in growwe stukke.
  • Slaai: Pak die blaarslaai op ’n opdienbord uit en bedruip met die olyfolie. Geur met die swartpeper. Rangskik die lemoen­segmente, moerbeie en stukke  sjokoladebas op die slaai en sit voor.