• Plaas die marinade-bestanddele in ’n mengbak en meng goed. Sit die ribbetjies in ’n diep skottel en giet die marinade oor. Bedek met kleefplastiek en hou dit ongeveer 2 uur in die yskas. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Plaas ’n groot oondkastrol op matige hitte en verhit die olyfolie. Dreineer die sous van die ribbes en skroei die vleis aan alle kante tot goudkleurig (2-3 min. per kant). Werk met ’n bietjie vleis op ’n slag aangesien dit vinniger is en die panhitte behou. Sodra al die vleis geskroei is, laat staan dit eenkant.
  • Giet die rooiwyn in die kastrol en kook 2 min. om die alkohol te verwyder. Voeg die aftreksel en water by en bring tot kookpunt. Sit die ribbes terug in die kastrol en bedek met ’n deksel.
  • Plaas die kastrol in die oond en bak 2-2½ uur of tot die beesvleis sag is en van die been ??val. Haal die ribbetjies uit die skottel (hou die oorblywende kookvloeistof as sous vir voorsit) en rangskik dit op ’n bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Laat die ribbetjies 20 min. rus. Stel die oond op die roosterfunksie.
  • Kook intussen die broccoli 4 min. in ’n kastrol met soutwater. Skep die broccoli uit (hou die kookwater) en dompel dit in ’n bak met yskoue water. Sodra dit afkoel, dreineer en hou eenkant.
  • Verhit die marinade in ’n klein kastrol oor matige hitte en bring tot kookpunt. Maak ’n pasta (voeg ’n bietjie water by) met die mielieblom en voeg die mengsel by die marinade; laat prut terwyl jy dit 4 min. aanhoudend klits. Sif die sous vir ’n fluweelsagte tek­stuur. Verf die sous oor die ribbetjies en rooster dit 2-3 min. of tot die ribbetjies klewerig en effens verkool is. Herhaal die proses.
  • Plaas die broccoli vir 2 min. terug in die kookwater; dreineer. Sit die broccoli voor met die ribbe­tjies bo-op. Garneer met die sprietuie en sesamsade