Voorverhit die oond tot 200 °C. 

  • Bonepuree: Plaas al die bestanddele in die bak van 'n voedselverwerker en verwerk tot glad. Voeg nog 'n spatsel water by om die puree loperiger te maak indien nodig.
  • Sous: Plaas al die bestanddele in 'n klein bak en klits saam. Maak seker dis goed gegeur en hou eenkant.
  • Slaai: Bedruip die radyse met die olyfolie en geur liggies met die sout en peper. Versprei op 'n bakplaat en rooster 20 min.
  • Meng die radyse, beet, lensies en roket in 'n groot bak. Giet die sous oor en meng.
  • Afronding: Smeer die bonepuree op 'n platbord. Stapel die beetslaai bo-op en sprinkel die bros kekerertjies en pampoensade oor. Rond af met die blomme endilleindien gebruik.
  • Resep deur Dianne Bibby
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.