• Sny die bete in baie dun skywe of stokkies indien verkies. Plaas in ’n mengbak.
  • Snipper die kool en voeg saam met die rooi-ui by die beet.
  • Ontkern die appel en sny in dun skyfies of stokkies. Voeg saam met die res van die bestanddele by die beetmengsel. Meng alles liggies.
  • Slaaisous: Meng alles goed en giet bo-oor die slaai. Meng liggies. Versprei die slaai op ’n opdienbord.
  • Halloumi: Sny die halloumi in blokkies. Verhit die botter in ’n pan en braai die blokkies tot goudbruin. Sprinkel die halloumi oor die slaai en sit onmiddellik voor.

Rou beet is vol voedingswaarde. Gebruik dit so om soveel moontlik waarde daaruit te kry.