• Slaai: Kook die broccoli 2 min. in gesoute kokende water oor matige tot hoë hitte. Dreineer deur ’n sif en giet koue water oor die broccoli sodat dit dadelik afkoel. Hou in die sif om goed te dreineer.
  • Rooster die sonneblom-pitte 2-3 min. in ’n braaipan oor matige hitte. Skud die pan sodat dit egalig rooster. Skep die pitte uit die pan en hou eenkant.
  • Verhit die olie in dieselfde pan oor matige tot hoë hitte en braai die spek 4 min. tot bros. Dreineer op kombuis­papier en hou eenkant. 
  • Slaaisous: Klits die bestanddele vir die slaai­sous saam. 
  • Afronding: Meng die broccoli, ui en tamaties in ’n mengbak. Meng die slaaisous deur. Roer die meeste van die spek en pitte net voor jy voorsit deur die slaai; strooi die res bo-op.

Wenk

Met al die interessante en kleurryke boontjiespruite, pitte, kruie en eetbare blomme wat beskikbaar is, kan slaaie op baie maniere verfraai word.

Dop byvoorbeeld ’n paar ertjies uit die doppe en sny ander in die lengte deur voor dit oor die slaai gesprinkel word.