Bestanddele
- SLAAI
- 4 x 250 ml (4 k) gaar bruinrys
- 1 elk rooi, groen, geel en oranje soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
- 3 stingeluie of 1 klein rooi-ui, gekap
- 3 peuselkomkommertjies, in ringe gesny
- 10 Turkse droëappelkose of droëperskes, fyn opgesny
- KERRIEMAYONNAISE
- 1 klein ui, gekap
- olie
- 15 ml (1 e) matige kerriepoeier
- 2-3 ml (½ t) komyn
- 60 ml (¼ k) natuurlike jogurt
- 60 ml (¼ k) mayonnaise
- ’n bietjie suiker (opsioneel)
- AFRONDING
- 3 nektariens of lospitperskes, in skyfies gesny
- ’n hand vol amandelvlokkies en/of sonneblomsade, gerooster
- koljanderblare vir sprinkel
Metode

Slaai
- Meng die rys, soetrissies, uie, peuselkomkommers en appelkose of perskes in ’n mengbak.
- Kerriemayonnaise Braai die ui in ’n bietjie olie tot sag. Meng die kerriepoeier en komyn by en roer. Verwyder van die hitte en meng die jogurt en mayonnaise en suiker by, indien verkies.
Afronding
- Voeg die kerrie-mayonnaise by die rysmengsel en meng.
- Skep op ’n slaaibord of -bak en stapel die vars vrugte bo-op. Sprinkel die neute en/of sade en koljanderblare oor. Verkoel tot nodig.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET