• Slaaisous: Plaas die sesamsaad en olyfolie in ’n pan en verhit tot die sesamsade goudbruin verkleur. Laat afkoel in die olie en verpulp in ’n voedselverwerker tot glad.
  • Meng met die res van die slaaisousbestanddele.
  • Slaai: Pak suurlemoen­skyfies op die boom van ’n stomerbak en plaas die tentakels bo-op. Geur liggies met sout. Stoom sowat min. tot gaar en sag. Roerbraai vinnig in verhitte olyfolie tot effe bros.
  • Meng van die slaaisous deur die tentakels en pak op ’n bord.
  • Meng ook van die slaai­sous deur die mikrokruie of roketblare en stapel bo-op. 6 Sprinkel die bone oor.