• Marinade: Meng al die bestanddele vir die marinade en klits met ’n eierklitser of vurk.
  • Slaai: Plaas die calamari in die marinade en laat minstens 30 min. marineer.
  • Slaan intussen die res van die slaai aanmekaar. Plaas die slaaiblare op ’n mooi opdienbord.Strooi die rooi-ui en tamaties oor die blare.
  • Sodra die calamari klaar gemarineer het, smelt die botter in ’n vuurwarm braaipan. Dit is belangrik dat die pan lekker warm is voor jy die botter smelt sodat die calamari kan flitsbraai.
  • Haal die calamari sommer met jou hande uit die marinade en plaas direk in die warm pan. Braai blitsvinnig 1-2 min. tot gaar. Wees versigtig om dit nie oorgaar te maak nie, want dit raak baie maklik rubberagtig.
  • Skep die calamari oor die slaai. 
  • Pak die avokado en aarbeie bo-op, krummel die feta oor en garneer met die amandelvlokkies.
  • Drup die orige marinade oor die slaai. Kant-en-kalm-klaar!