Voorverhit die oond tot 200 °C, en bespuit ’n bakplaat met kleefvrye kossproei.

  • Plaas die aspersies, bone of broccoli  op die plaat, bedruip met die olyfolie en geur met die sout en swartpeper. Rooster sowat 15 min. of tot gaar volgens voorkeur. Plaas eenkant om af te koel.
  • Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die ui, rooi soetrissie, knoffel en amandelvlokkies tot die groente sag en die amandels gerooster is.
  • Verwyder van die hitte en laat effens afkoel voor jy dit by die cannellini-bone in ’n groot bak voeg. Moenie te veel roer nie, want dit sal die voorkoms van die bone bederf. Voeg die geroosterde aspersies, bone of broccoli daarby.
  • Karamel-rissie-lemmetjieslaaisous: Meng al die bestanddele vir die sous in ’n beker en giet oor die boontjieslaai.
  • Plaas vir een uur in die yskas om die slaai behoorlik te laat koud word.
  • Sit voor saam met baba­spinasie en geniet dit as hoofmaaltyd of bykos.