• Ryg die murgpampoentjies, tamaties, kaasblokkies en basilieblaartjies aan peuselstokkies, geur met die sout en peper en braai vinnig oor die kole tot die kaas effens gesmelt en die groente geskroei het.
  • Sit voor saam met die asyn of basilieolie as voorafhappie saam met drankies.


Wenk: Maak capresebroodjies vir ’n heerlike afwisseling: Smeer snye ciabatta met knoffelbotter. Pak skywe mozzarella bo-op en rooster tot die kaas gesmelt is. Pak skywe tamatie bo-op en bedruip met balsemieke asyn.