Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit 'n bak-plaat met kossproei.

  • Croutons: Versprei die ciabattastukkies op diebakplaat en drup die olie oor. Sprinkel die kruie, knoffel en sout oor en meng goed deur.
  • Rooster 7-10 min. in die oond of tot die croutons goudbruin en bros is. Hou eenkant om heeltemal af te koel.
  • Aioli: Sit die eiergeel, mosterd en knoffel saam in 'n diep mengbak. Klits met ’n staafmenger of elektriese klitser tot goed gemeng.
  • Hou aan met klits en giet die olie bietjies-bietjies by. Klits aanhoudend tot al die olie op is – die aioli sal ligkleurig en blink begin raak.
  • Voeg die suurlemoensap, koljanderblare en sout by en klits tot goed gemeng. Verdun die aioli met ’n bietjie water as dit te dik is.
  • Vir afronding: Meng die slaai- en/of kruieblare, radyse en croutons liggies in 'n mengbak. Verdeel tussen 4 bordjies. Sit 'n eier op elke hopie slaai en sit voor saam met die aioli.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.