• Slaai: Rooster die sonneblomsade in ’n droë pan tot dit begin verkleur. Skep uit en hou eenkant.
  • Meng die res van die bestanddele liggies.
  • Voeg die sonneblom-pitte by en meng deur.
  • Slaaisous: Klits alles saam en giet oor die slaai. Meng liggies deur en sit voor – die slaai is nóg lekkerder as dit ’n uur of twee, of selfs oornag, in die yskas staan.

WENK

Sultanas, rosyne of selfs gekapte droë-appelkose kan pleks van die dadels gebruik word.