• Verhit ’n droë pan en rooster die pampoenpitte tot dit begin bars. Skep uit en hou eenkant om af te koel.
  • Meng die pampoenpitte goed met die res van die bestanddele.
  • Slaaisous: Meng alles goed en giet oor die slaai. Meng deur die slaai en geur met nog sout en peper indien nodig.
  • Vir afronding: Skep die slaai in ’n opdienbak en sprinkel die pampoenpitte oor. Pak die suurlemoenwiggies en avokado (indien gebruik) op en sprinkel die ekstra vars kruie oor.

Wenk: ’n Hand vol rosyne kan gebruik word pleks van die swart druiwe.