Kook die eiers soos verkies en dop af. Hou eenkant.

Koolslaai

Meng alles liggies in ’n groot mengbak.

Slaaisous

Sit al die bestanddele saam in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot glad. Geur met sout na smaak.

Za’atar

Rooster die komyn- en sesamsaad saam in ’n droë pan tot die saadjies begin verkleur. Skep in ’n mengbakkie.

Voeg die res van die bestanddele by en meng.

Vir voorsit

Sny die gekookte eiers op soos verkies en voeg by die slaai. Giet die sous oor en meng liggies. Skep in bakkies op, sit ’n geposjeerde of gekookte eier bo-op elkeen en sprinkel die za’atar oor. Sit dadelik voor.