Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer twee bakplate met foelie uit.

  • Pak die eiervrugte in 'n enkellaag op 'n bakplaat uit.
  • Versprei die rooi soetrissies en uiewiggies op die ander een. Bedruip mildelik met die olyfolie. Geur die groente met die komyn, sumak, sout en swartpeper.
  • Bak 45 min. Ek keer die groente halfpad deur die baktyd om.
  • Slaai: Rooster die denne-pitte 5 min. in 'n droë pan oor matige hitte tot goudbruin. Verwyder van die hitte en bedruip met die sojasous. Skud die pan deeglik om die neute te bedek en laat eenkant afkoel.
  • Klits die asyn en olyfolie saam in 'n mengbak. Geur liggies met sout en peper. Voeg die lensies, roket en spinasie by en meng.
  • Sous: Klits al die bestanddele saam tot glad.
  • Rangskik die lensiemengsel op 'n opdienbord en stapel die gebakte groente bo-op. Bedruip met die sous en sprinkel die dennepitte oor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.