• Hoender: Meng al die bestanddele vir die ma­rinade en marineer die hoenderstukke oornag. Plaas in die yskas.
  • Plaas die hoender en marinade in ’n kastrol en verhit oor matige hitte tot dit net begin kook. Verlaag die hitte en posjeer die hoender 10 min. tot net gaar. 
  • Laat die hoenderborsies in die posjeermengsel afkoel. Verwyder die vleis en sny in skywe.
  • Oondgebraaide groente Voorverhit die oond tot 190 °C. Meng al die bestanddele, pak op ’n bakplaat en oondbraai sowat 30 min. 
  • Kekerertjies: Meng die bestanddele, versprei op ’n bakplaat en plaas saam met die groente in die oond. Oondbraai ongeveer 30 min. 
  • Slaaisous: Druk die knoffelpuree uit die knoffelbol en meng met die res van die bestanddele.
  • Samestelling: Soteer die graan in die sesamolie. 
  • Pak die spinasie op ’n slaaibord en die oondgebraaide groente bo-op en rangskik die hoender bo-op. Giet van die marinade oor.
  • Sprinkel die vars vinkel en dadels langsaan.
  • Meng die graan en kekerertjies en sprinkel bo-oor.
  • Afronding: Skep van die slaaisous oor en garneer met die wiggies. Sprinkel die kruie, kaas en neute oor. Sit voor saam met die orige slaaisous. 

“Dié slaai hang die ballonne en vlae op vir die feesmaaltyd. Dis dekadent en vars.”