Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Frikkadelle: Week die broodkrummels in die melk en maak fyn. Meng met die res van die bestanddele en vorm in klein bolletjies. Verkoel 30 min. Pak op ’n bakplaat, giet ’n bietjie olie oor, meng deur en oondbraai sowat 15 min. tot net gaar.
  • Mosterdslaaisous: Meng al die bestanddele in ’n kastrolletjie; roer oor stadige hitte tot die sous kook en verdik. Laat effens afkoel. Roer die jogurt by.
  • Slaai: Rangskik die slaaibestanddele op ’n opdienbord, pak die frikkadelletjies bo-op en giet die slaaisous oor. Sprinkel die pietersielie oor.