Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Slaaisous: Meng al die bestanddele.
  • Slaai: Pak die patatskyfies in ’n enkellaag op ’n bakplaat, geur met die sout en sprinkel die olyf­olie oor. Oondbraai tot gaar en tot die puntjies effens verbruin het.
  • Samestelling: Rangskik die pynappelskyfies op ’n opdienbord en sprinkel die appelliefies oor. Pak die wortels langsaan.
  • Stapel die patattjips bo-op die pynappel.
  • Giet die slaaisous oor en besprinkel met die pampoenpitte.