• Sardyne: Dreineer die sardyne. Geur die meel goed met die sout en peper en rol die sardyne versigtig daarin.
  • Meng die broodkrummels en gekapte knoffel of grasuie. Doop die sardyne in die eier en rol in die broodkrummels – wees versigtig; die sardyne breek maklik.
  • Verhit die olie in ’n klein kastrol vir diepvetbraai. Braai die sardyne in sarsies tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier.
  • Slaaisous: Meng al die bestanddele goed en geur met die sout.
  • Slaai: Versprei die roketblare in ’n groot slaaibak en pak die avokado en sardyne bo-op. Versprei die pecorino­kaasskaafsels bo-op indien gebruik. Drup die slaaisous oor.
  • Voorsit: Sit voor saam met die suurlemoenwiggies.