• Sny die punte van die murgpampoentjies af en gooi weg. Gebruik ’n groenteskiller en sny die murgpampoentjies in linte. Plaas die linte in ’n glas- of marineerbak. Sprinkel die knoffel oor en meng liggies deur.
  • Marinade: Meng al die bestanddele goed en giet oor die murgpampoentjies. Meng dit liggies deur, bedek en laat minstens ’n uur of selfs oornag in die yskas marineer.
  • Afronding: Meng die res van die bestanddele deur die murgpampoentjies en sit voor.