• Plaas al die bestanddele buiten die hoender in ’n groot kastrol en bring tot kookpunt. Laat 5 min. kook. Plaas die hoender­borsies in die aftreksel. Laat nog 5 min. kook. Haal die kastrol van die stoof af, sit ’n deksel stewig op en laat staan 20 min. (Die aftreksel se hitte sal die hoender verder gaarmaak.) Haal die hoenderborsies uit en hou eenkant.
  • Slaai: Meng al die bestanddele goed. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Vir voorsit: Sny die hoenderborsies in skywe. Versprei die gortslaai op ’n bord 
    en pak die hoender­skyfies bo-op. Garneer met die basilie en sit warm of koud voor.

Wenk:

Vir oondgeroosterde pleks van geposjeerde hoenderborsies: Geur die filette met sout, vars ­gemaalde peper en ’n knippie komyn. Pak op ’n bakplaat, drup ’n bietjie olyfolie en suurlemoensap oor en oondrooster 15 200 ºC.