• Plaas die water, vanieljegeursel, kaneelstok, steranys en bruinsuiker in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte tot matig sodat die vloeistof prut. 
  • Voeg die pere by en kook sowat 20 min. of tot die pere net sag is terwyl jy dit af en toe omdraai. Verwyder die kastrol van die hitte en laat die pere in die stroop afkoel terwyl jy dit af en toe omdraai. 
  • Skep die pere met ’n gaatjieslepel op ’n bord uit. 
  • Voeg die suiker, water en sout in ’n kleiner kastrol en bring tot kookpunt. Moenie roer nie en laat die suiker self smelt. 
  • Laat kook sowat 20 min. of tot dit ’n diep goudbruin word. 
  • Voer ’n bakplaat met bakpapier uit, smeer liggies met kooksproei en plaas eenkant. 
  • Verwyder van die hitte en roer die botter, koeksoda en grondboontjies in. Roer alles saam en hou aan roer tot die mengsel ophou borrel. 
  • Werk vinnig en giet die mengsel op die gevoerde bakplaat uit en sprei egalig uit. 
  • Laat afkoel tot geset, breek in stukke en plaas eenkant. 
  • Braai die spekvleis in die botter tot bros, verwyder van die hitte en plaas eenkant. 
  • Voeg die slaai so bymekaar: Meng die slaaiblare en pere, bedek met bloukaas, grondboontjiebroslekker en spekvleis en bedruip liggies met oorskiet peervloeistof.
  • Geur na smaak met die sout en peper en sit voor.