Voorverhit die oond tot 200 °C. 

  • Slaai: Pak die blomkoolstukke in ’n enkellaag op ’n bakplaat. Voeg die knoffel­huisies by.
  • Sprinkel of sif die speserymengsel oor. Bedruip met die olyf­olie. Oondrooster sowat 30 min. of tot bros.
  • Stoom intussen die ertjies en groenbone tot gaar maar nog bros; sowat 2 min.
  • Slaaisous: Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in ’n voedselverwerker, druk die puree uit die knoffel en voeg by. Verwerk tot goed gemeng. Voeg nog olie of suurlemoensap by indien nodig. 
  • Kekerertjies: Druk die kekerertjies droog en rol in die speserymengsel. 
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n pan; roerbraai die kekerertjies tot lekker bros.
  • Afronding: Pak die spinasieblare in ’n slaaibak en rangskik die blomkool, ui, ertjies, groenbone en fetakaas bo-op. 
  • Skep van die slaaisous oor en sprinkel die bros-gebraaide keker­ertjies oor.
Baharat
  • 30 ml (2 e) gemaalde swartpeper
  • 30 ml (2 e) paprika
  • 30 ml (2 e) fyn komyn
  • 22,5 ml (1½ e) droë ment
  • 15 ml (1 e) gemaalde koljandersaad
  • 15 ml (1 e) gemengde speserye
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 5 ml (1 t) droë brand­rissievlokkies
  • 2,5 ml (½ t) fyn kar­damom

Meng alles en bêre in ’n lugdigte houer.