• Pesto: Verwerk die koljander, pietersielie, knoffel, brand­rissies en ­gemmer in ’n voedselverwerker tot fyn. 
  • Voeg die sonneblom­pitte, suurlemoensap en -skil en mentblare by. Verwerk tot die sonneblompitte grofgekap is.
  • Voeg die olyfolie en sout by en meng deur. (Voeg ’n bietjie water by as jy dit loperiger verkies.)
  • Slaai: Pak die slaaiwiggies, appels en avokado op ’n opdienbord.
  • Stapel die spek en selderystingel bo-op, skep van die pesto oor en sprinkel neute oor.