Groenbone met spekvleis en feta

akkreditasie
Bereidingstyd: 10 min.
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 20 min.
Bestanddele
  • 500 g - groenbone, punte afgesny
  • 15 ml - botter
  • 1 pakkie - Eskort Streaky Bacon, in stukke gesny
  • 12 - kersietamaties, gehalveer
  • 100 g - fetakaas, gekrummel
  • 100 g - amandelvlokkies
  • 60 ml - olyfolie
  • - sap van 1 suurlemoen
  • - sout
  • - vars gemaalde swartpeper
Metode

  • Bring ’n pot soutwater tot kookpunt, voeg die bone by en kook 5 min. (Jy wil die heldergroen kleur behou en die bone krakerig hou).
  • Dreineer dadelik en sit eenkant om af te koel. 
  • Verhit die botter in ’n braaipan en braai die spekvleis tot bros. Skep die spekvleis uit die pan en sit eenkant. 
  • Voeg die tamaties in dieselfde pan en braai tot die skil blasies gevorm het. Haal uit die pan en sit eenkant.
  • Rooster die amandelvlokkies in ’n klein braaipan tot aromaties en net verbruin. Verwyder van die hitte en sit eenkant. 
  • Sit die gereg so bymekaar: Meng die groenbone, spekvleis, tamaties, feta en amandelvlokkies saam. 
  • Bedruip met die olyfolie en suurlemoensap en geur met die sout en peper. 
  • Meng tot goed bedek en sit voor. 
  • Die gereg is heerlik as ’n ligte middag- of aandete, maar kan ook vir ’n slaai as bykos gebruik word.

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees