Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Vryf die beet met die dukkah en olyfolie in. Versprei die beetskywe in ’n braaipan en oondbraai 20-25 min. of tot sag. Laat afkoel.
  • Rangskik die roket op ’n plat skottel en pak die groenbone, beet en feta bo-op.
  • Afronding Rond die slaai af met die edamame­bone en boontjiespruite.
  • Sous Meng al die bestanddele goed. Bedruip die slaai met die slaaisous wanneer jy gereed is is om voor te sit.

Wenk

Pleks van edamamebone kan jy gaar kekerertjies gebruik. Besprinkel dit met ’n bietjie olyfolie en paprika en oondrooster tot bros.