Kul deur rou murgpampoentjies pleks van pasta te gebruik. Sny in linte en meng met ons romerige slaaisous. Die geheim is die avokado wat by die sous gevoeg word.

    • Sous: Pols al die bestanddele saam fyn met ’n staafmenger.Geur met die sout na smaak.
    • Groentepasta: Meng die murgpampoentjielinte, kool, groenboontjies en stingeluie.
    • Meng die helfte van die slaaisous deur; geur met die brandrissie, nog lemmetjiesap en sout, indien nodig.
    • Sny die avokado soos verkies; pak op die groentepasta. Sit voor saam met die res van die avokadoroom.