In 5 Ingredients – Quick & Easy Food beloof Jamie Oliver die meeste geur en hope voedingswaarde met die minste moeite. In die 130 resepte skep hy inspirerende kombinasies met vyf hoofbestanddele – van slaai en pasta tot hoender en vis – en gee ook interessanteidees vir soetgoed.
  • Hou enige mooi kleiner beetblare eenkant. Halveer die groterbete. Kook 15 tot 20 min. of tot sag in ’n kastrol kokende soutwater met die deksel op.
  • Druk intussen die sap van 1 clementine in ’n groot bak uit saam met die olyfolie en ’n ruim skeut rooiwynasyn.
  • Skil die oorblywende 3 clementines af, sny in skywe en rangskik op borde.
  • Dreineer die bete en verfris ’n rukkie in koue water tot koel genoeg om die skille vinnig af te vryf. Halveer of sny ’n paar in skywe. Meng alles in die slaaisous.
  • Proe en geur met die seesout en swartpeper. Strooi die dragon oor en meng met die beetblare wat eenkant gehou is.
  • Verdeel tussen die borde en krummel die bokmelkkaas en okkerneute oor. Bedruip liggies met nog olyfolie.