Voorverhit die oond tot 230 °C.

  • Sit die blomkool in ’n mengbak en voeg die olie en knoffel by. Geur met die sout en peper en meng goed. Versprei die blomkool op ’n  groot bakplaat en rooster 10-15 min. tot effe geskroei.
  • Slaai: Sny die tamaties in skywe en pak om die beurt met die mozzarella op ’n groot slaaibord.
  • Versprei die blomkool, kersietamaties, ui en ­basilie bo-op die tamatie- en mozzarellaskywe.
  • Drup die olie en asyn oor en geur met nog sout en peper.