• Slaaisous: Meng al die bestanddele goed en geur met sout indien verkies.
  • Slaai: Plaas die bulgur in ’n mikrogolfvaste glasbak. Bedek met kookwater en giet die olyfolie oor. Maak toe met kleefplastiek en steek ’n paar gaatjies in die plastiek met ’n vurk. Plaas vir 3 min. in die mikrogolf. Haal uit en laat staan nog 10 min. Vlok die bulgur met ’n vurk en laat effens afkoel.
  • Meng die gaar sorghum deur die bulgur en giet die helfte van die slaaisous oor. Meng deur en voeg die neute, dadels en kruie- of slaaiblare by. Meng goed en verdeel tussen opskepbakkies.
  • Krummel: die kaas oor en sit voor saam met nog van die slaaisous.