Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat. 

  • Slaai: Pak die patatwiggies op die bakplaat, geur met die sout en vryf in met die olie. Oondbraai sowat 35 min. tot sag.
  • Skil die lemoene diep af en sny in segmente. Druk die sap uit die agtergeblewe vliese.
  • Slaaisous: Vul die sap aan tot 250 ml. Voeg die orige slaai­sousbestand­dele by en meng goed.
  • Hoender: Geur die hoender met die sout en peper; braai in die verhitte olie tot net gaar. Trek in rafels met ’n vurk indien verkies. Giet ’n bietjie slaaisous oor.
  • Neute: Braai die neute in ’n bietjie botter tot effens verbruin, voeg die suiker, sout en brandrissievlokkies by, en braai tot gekaramelliseer. Skep uit.
  • Afronding: Pak die patatskywe op ’n opdienbord, rangskik die hoender en kaas bo-op, sprinkel die kruie oor en giet van die slaaisous oor. Sprinkel die neute oor.