• Geur die hoender met die brandrissievlokkies, sout, peper en suurlemoensap. Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender tot gaar. Sny die hoender in dun skyfies en hou eenkant.
  • Rysslaai: Meng al die bestanddele goed en geur met die sout en baie peper na smaak.
  • Vir afronding: Skep die rysslaai in bakkies en verdeel die hoender tussen die bakkies. Sny die wortels met ’n groenteskiller in dun repies. Stapel van die wortelrepies bo-op elke bakkie en sit voor.