• Verhit die botter en olie in ’n kastrol en braai die spek tot bros. Skep die spek uit en kap die helfte daarvan rofweg op. Hou die orige spekrepies vir garnering. Skep die gekapte spek weer terug in die kastrol.
  • Voeg die uie by die spek in die kastrol en braai 5 min. stadig.
  • Voeg die kool by en roerbraai 10 min. of tot effens verwelk. Giet die asyn oor en meng goed deur.
  • Geur die kool met die res van die bestanddele en roerbraai nog 5 min.
  • Vir voorsit: Meng die pietersielie deur indien verkies. Pak die koolblare rofweg om die kante van ’n bak en skep die kamma-sauerkraut in die middel. Garneer met die orige spek­repies en sit voor saam met die suur­lemoenwiggies.

WENK

Sauerkraut pas uitstekend by eisbein of gerookte vark.