Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 'n bak-plaat met kossproei.

  • Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en spoel goed af. Laat heeltemal afkoel.
  • Versprei die botter­skorsie en uie op die bakplaat en drup die olie oor. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Rooster 25-30 min. in die oond of tot die groente gaar is. Haal uit en hou eenkant om af te koel.
  • Sous: Meng alles goed.
  • Vir afronding: Skep die pasta in ’n groot mengbak en giet die sous oor. Meng deur en voeg die groente by. Meng liggies en skep in 'n opdienbak.
  • Sprinkel die kruie of slaaiblare oor en sit voor. Die slaai kan tot ’n week lank in die yskas hou.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.