Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat.

  • Slaaisous: Meng alles.
  • Botterskorsie: Geur die blokkies met sout en ­peper. Meng die olyfolie en lemoenskil en sprinkel oor. Pak in ’n enkellaag op die bakplaat. Oondbraai sowat 30-40 ­min. of tot sag en gaar. Giet ’n bietjie van die slaaisous oor en laat ­afkoel.
  • Slaai: Voeg die botter­skorsie by die res van die slaaibestanddele buiten die boontjiespruite. Meng deur en skep in ’n slaaibak. Sprinkel die boontjiespruite oor.

WENK 

Probeer gerus koeskoes wat van mielies gemaak word – dis ­glutenvry.