• Bulgur: Sit die bulgur in ’n groot bak. Druk die teesakkies tussen die bulgur in en bedek met 500 ml (2 k) kookwater. Bedek met kleefplastiek en laat minstens 20 min. staan.
  • Haal die teesakkies uit en roer die bulgur goed. Laat afkoel.
  • Slaai: Meng al die bestanddele buiten die sout en peper goed deur die bulgur. Geur met sout en peper.
  • Afronding: Skep die slaai op ’n opdienbord uit. Versprei die ekstra neute, appelkose en koljanderblare oor. Pak die lemoenwiggies bo-op en sit voor. Die slaai kan 3-4 dae in die yskas hou.