• Mayonnaise: Plaas al die bestanddele behalwe die sout saam in ’n diep maatbeker. Pols met ’n staafmenger tot die mengsel dik en romerig word. Geur met die sout na smaak.
  • Slaai: Plaas die ertjies in ’n vergiettes en giet kookwater oor. Dreineer goed en plaas in ’n mengbak.
  • Voeg die peulertjies, ertjie­spruite, appels en seldery by. Drup die olyf­olie en suurlemoensap oor en meng liggies. Skep die slaai in ’n opdienbak.
  • Vir afronding: Verdun die mayonnaise met ’n bietjie water as dit te dik is. Drup die mayonnaise oor die slaai en sprinkel die neute oor. Sit onmiddellik voor.

WENK

Meng 15 ml (1 e) geroosterde masala by die ­mayonnaise in vir ’n ander geurprofiel. Die slaai kan ook met gepluisde gaar hoender aangevul word indien verkies.