Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Pampoenpitte: Rooster die pampoenpitte in ’n droë pan tot die pitte begin bars. Skud die pan gereeld.
  • Verlaag die hitte en sprinkel die suiker oor. Roer aanhoudend met ’n houtlepel tot die suiker gesmelt het.
  • Verwyder die pan van die hitte en sprinkel die roosmaryn en sout oor. Roer deur. Skep die mengsel op die bereide bakplaat.
  • Versprei die pitte effens en laat heeltemal afkoel. Breek in klontjies en hou eenkant.
  • Slaai: Sny die tamaties in skywe en versprei op ’n bord saam met die mozza­rella en roket. Bedruip met die olyf­olie.
  • Vir afronding: Sprinkel die versuikerde pampoenpitte oor die slaai en sit dadelik voor.

Wenk

Enige orige versuikerde pampoenpitte kan in ’n lugdigte houer gebêre en later gebruik word of as ’n peuselhappie ­geëet word.