Slaaisous

Meng die asyn, kookwater, suiker, mosterdsade, sout en olie in ’n kastrol of glasbak. Bring tot kookpunt op die stoof of in die mikrogolf.

Lensies

Giet die warm mengsel oor die lensies en laat afkoel.

Sprinkel die sout oor die rooi-ui en laat staan.

Tamaties

Smeer ’n bakplaat goed met die olie. Pak die tamaties in ’n enkellaag, geur met die sout en peper en giet weer ’n bietjie olie oor. Sprinkel ’n bietjie suiker oor. Bak 20 min. by 180 °C of tot die velletjies net begin bars.

Voeg die tamaties saam met die pansouse by die lensies in die bak.

Afronding

Meng die stingeluie, pietersielie en kaas deur die lensiemengsel.

Spoel die uieringe af en druk droog.

Pak slaaiblare in ’n bak, skep die lensiemengsel bo-op, gevolg deur die uieringe. Garneer met slaai- of roketblare.