• Plaas die hoender saam met die jogurt, masala, borrie, komyn, gemmer en knoffel in ’n glas- of marineerbak. Meng goed, bedek en marineer minstens 15 min. in die yskas.
  • Verhit die olie in ’n kleefvrye pan en roerbraai die hoender tot gaar. Hou eenkant om af te koel.
  • Slaai: Rangskik die slaaiblare, komkommer en pynappel op ’n groot opdienbord. Pak die hoender en avokado bo-op en bedruip met die lemmetjie- of suurlemoensap. Garneer met die ment indien verkies en sit dadelik voor.