• Slaai: Meng al die ge­snyde groente.
  • Maak die noedels gaar volgens die aanwysings op die verpakking, sowat 7 min. Maak die noedels tydens die eerste minuut van die kokery van mekaar los met twee vurke. Dreineer en spoel af onder koue water, dreineer weer en plaas in die slaaibak. Meng die olie by.
  • Gebruik dieselfde pan en stoom die broccoli 4 min. tot net sag maar nog bros. Geur met die sout.
  • Slaaisous: Meng al die bestanddele.
  • Afronding: Voeg die fyn groente, broccoli en groen blare by die noedels en meng. Giet die slaaisous oor, meng deur en sprinkel die geroosterde neute en vars kruie oor.