Bestanddele
- 80 ml (¹/³ k) kanolaolie
- 45-60 ml (3-4 e) rysasyn
- sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
- 15 ml (1 e) heuning of bruinsuiker
- 80 ml (¹/³ k) sojasous
- 5 ml (1 t) vissous
- 1 knoffelhuisie, geskil en in dun skyfies gesny
- 30 ml (2 e) sesamsaad
- 3 cm-stuk vars gemmer, geskil en in dun repe gesny
- 1 heel brandrissie
Metode

Meng al die bestanddele behalwe die brandrissie. Giet in ’n glasfles. Plaas die heel brandrissie in die fles. Maak stewig toe.
KARAMELNEUTE
LEWER 250 ml (1 K) neute
- 250 ml (1 k) amandels
- 45-60 ml (3-4 e) bruinsuiker
Plaas die amandels in ’n pan oor matige hitte en sprinkel die bruinsuiker oor. Roer aanhoudend tot die suiker gesmelt en rondom die amandels gekaramelliseer het.
Pas op vir brand.
Skep dadelik uit op ’n bord wat met olie gesmeer is. Laat afkoel. Breek in stukke.
Verpak in die net-, sellofaan- of papiersakkie. Bind vas om die nek van die slaaisousbottel.
Opdienvoorstel
Plaas ’n verskeidenheid slaaiblare in ’n slaaibak; voeg blokkies komkommer, skyfies avokado, gekapte grasuie en vars aarbeie by. Sprinkel van die slaaisous ruimskoots oor en rond af met die karamelneute en gekapte koljanderblare.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET