• Marinade: Meng alles, giet oor die vleis en laat 3-4 uur staan.
  • Vark: Verwyder die vleis uit die marinade, geur met die sout en peper, en roerbraai in ’n bietjie verhitte olie tot net gaar.
  • Kook die orige marinade goed en giet oor die vleis.
  • Uiepiekel: Roer die asyn, water en suiker tot opgelos. Voeg die peperkorrels en uie by; laat afkoel.
  • Slaai: Rangskik die slaaibestanddele op ’n bord, skep die vleis bo-op, giet van die marinade oor en skep uiepiekel bo-op.

Wenk: Vir ’n ander geurprofiel, vryf die vleis in met die Midde-Oosterse speserymengsel baharat en roerbraai tot net gaar. Dis ook ideaal om oor groente te sprinkel voor jy dit oondbraai. 

Baharat
  • 30 ml (2 e) gemaalde swartpeper
  • 30 ml (2 e) paprika
  • 30 ml (2 e) fyn komyn
  • 22,5 ml (1½ e) droë ment
  • 15 ml (1 e) gemaalde koljandersaad
  • 15 ml (1 e) gemengde speserye
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 5 ml (1 t) droë brand­rissievlokkies
  • 2,5 ml (½ t) fyn kar­damom

Meng alles en bêre in ’n lugdigte houer.