Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou ’n groot bakplaat byderhand.

  • Kook die quinoa volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en laat heeltemal afkoel.
  • Sny die patats in blokkies en versprei op die bakplaat. Drup die olyf­olie oor, geur met die komyn, sout en vars gemaalde peper en meng goed deur. Rooster 25-30 min. in die verhitte oond of tot die patats sag en gaar is.
  • Meng die quinoa, patats en die res van die bestanddele liggies in ’n slaaibak.
  • Slaaisous: Klits alles goed saam en geur met sout en vars gemaalde peper na smaak. Drup oor die slaai en meng ­liggies deur. Skep in ­bakkies en sit voor.