20 min.
4-6
50 min.
Bestanddele
- BEETSLAAISOUS
- 1 groot gaar beet of 3 kleintjies, geskil
- 2 stingeluie, grofgekap
- 125 ml (½ k) lemoensap
- 80 ml (1/3 k) suurlemoensap
- 10 ml (2 t) heuning
- ’n hand vol elk pietersielie en/of koljanderblare, gekap
- sout en peper na smaak
- SLAAI
- 1 kg eiervrugte, klein en groot, grotes in dik skywe gesny; kleintjies gehalveer
- sout
- peper na smaak
- olyfolie
- 2 rooi-uie, in skyfies gesny
- ’n bietjie bruinsuiker
- 2,5 ml (½ t) komynsaadjies
- 3-4 klein gaar bete, geskil en gehalveer
- 125 g bloubessies
- geroosterde amandels vir bo-oor sprinkel (opsioneel)
- mikrokruie
- VIR VOORSIT
- volroomjogurt
- fyn komyn
Metode

Voorverhit die oond tot 190 °C.
- Slaaisous: Verwerk al die bestanddele vir die slaaisous in ’n voedselverwerker tot glad.
- Slaai: Sprinkel sout oor die eiervrugte en laat staan 15 min. Spoel af en druk droog. Pak op ’n bakplaat, geur met die peper en sprinkel die olyfolie oor; oondbraai 40 min. tot lekker sag.
- Verhit ’n bietjie olie in ’n pan, voeg 1 rooi-ui by en sprinkel ’n bietjie bruinsuiker saam met die komynsaadjies oor. Roerbraai tot die ui effens gekaramelliseer en sag is.
- Samestelling: Pak die eiervrugte en bete op ’n opdienbord, sprinkel die gekaramelliseerde ui sowel as die vars ui bo-oor. Sprinkel die bloubessies en amandels oor, indien gebruik. Giet van die slaaisous oor en sprinkel mikrokruie bo-op vir garnering.
- Vir voorsit: Sprinkel ’n bietjie komyn oor die jogurt; sit voor saam met die slaai.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET