• Piekelsous: Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n kastrolletjie en verhit tot kookpunt. Roer tot die suiker opgelos het.
  • Piekel: Pak die piekel se vars bestanddele in ’n bak en giet die sous bo-oor. Laat staan sowat 1 uur tot afgekoel.
  • Vars slaai: Rangskik die kool, nektariens of pruime, vars aarbeie, radyse en bokkaasskyfies op ’n opdienbord en skep van die piekel mildelik bo-oor.
  • Rond af met komkommerlinte en sprinkel pekanneute en rooi-­uispruite oor.