Plaas die noedels in ’n glasbak en bedek met kookwater. Bedek met kleefplastiek en laat staan 15 min. Dreineer en hou eenkant.

Slaai

Sny die punte van die wortels af en sny dit in baie dun repies of in linte met ’n groenteskiller.

Meng die wortels met die komkommer, stin­geluie, koljander en noedels.

Slaaisous

Meng al die bestanddele goed en giet oor die slaai. Meng deur.

Vir voorsit

Sprinkel die grondboontjies en sesamsaadjies oor en sit voor.

RESEPTE EN STILERING: ESTHER MALAN; FOTO’S: DAVID BRIERS; KOSASSISTENT: LUCINDA HOUTZAMER